• Oor WordPress
    • WordPress.org
    • Dokumentasie
    • Learn WordPress
    • Hulp
    • Terugvoer
AJM Tax
  • Tuis
  • Dienste
  • Nuus
  • Meer oor ons
  • Terme en tariewe
  • Kontak
  • English

Dienste

AJM is ‘n spesialis belastingkonsultasie en belastinglitigasiefirma wat ‘n wye spektrum van plaaslike sowel as internasionale belastingverwante dienste aan individue, trusts asook maatskappye aanbied. Ons spesialiseer hoofsaaklik in inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde (BTW), boedelbelasting en belastingadministrasie.

Die toenemende kompleksiteit van Suid-Afrikaanse belasting het met tyd ‘n gespesialiseerde benadering vereis, en dit is teen hierdie agtergrond wat AJM hul kliënte praktiese oplossings bied om hul kommersiële doelwitte te bereik.

Ons toegewyde belastingspan het ondervinding en kundigheid in regte (advokate), rekeningkunde (Geoktrooieerde Rekenmeesters) en besigheid (ons kundiges het baie jare se ervaring in raadsaal- en groot transaksie strukturering), wat ons ‘n unieke voorsprong in die belastingbedryf gee. Dit is te danke aan hierdie breë spektrum van praktiese kennis in die verskeie afdelings wat ons geskik maak om te dien as hooftransaksie-adviseurs sowel as belastingspesialiste.

Belastingdispuut resolusie

Dispuut Resolusie

AFDELINGSHOOF: DR ALBERTUS MARAIS​

AJM beskik oor ‘n uitstekende rekord van die suksesvolle hantering van belastinggeskille in die Belastingsraad en Belastinghof.

REGistreer van geskille

Opstel en indiening van versoeke vir die kwytskelding van boetes en rente, besware en appèlle.

Belasting litigasie

Die indiening van appèlle en prosedurele aansoeke by die Belastingsraad en Belastinghof en tree op as verteenwoordigers namens die belastingbetaler.

Skikking

Deelname aan skikkingsgesprekke met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)

Vrywillinge openbaarmaking

Opstel en indiening van vrywillige openbaarmakingaansoeke.

Belastingsopinies

OPINIES

Afdelingshoof: ADV PIETER JANSE VAN RENSBURG

As geregistreerde belastingpraktisyns met ‘n verskeidenheid akademiese en professionele kwalifikasies, is AJM die aangewese firma om menings te verskaf oor die belastinggevolge van geïdentifiseerde transaksies vir inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde (BTW) en boedelbelastingverwante aangeleenthede. Die verkryging van ‘n mening oor ‘n voorgestelde belastingposisie of struktuur verskaf nie net gemak aan belastingbetalers nie, maar beskerm belastingbetalers teen die oplegging van fiskale boetes.

Algemeen

Advies oor belastinggevolge van transaksies.

SPEsifieke transaksies

Opstel en indiening van versoeke vir kwytskelding van boetes en rente, besware en appèlle.

Internasionale Belasting

Identifisering van internasionale belastinggevolge vir oorgrenstransaksies en strukture.

Belastingnakoming

Belastingnakoming

Afdelingshoof: JUANITA VAN DER MERWE

Ons help met nakomingsverwante vereistes wat verskeie belastingregistrasies, voorbereiding en indiening van jaarlikse en voorlopige inkomstebelastingopgawes asook voorbereiding en indiening van periodieke BTW-opgawes insluit.

Algemeen

Verleen hulp met verskeie belastingregistrasies, opdatering van geregistreerde besonderhede, aansoeke om BTW-tydperke te verander asook verwante nakomingsvereistes.

Belastingopgawes

Voorbereiding en indiening van voorlopige en jaarlikse inkomstebelastingopgawes en dividendbelastingopgawes. Verder help ons ook met die voorbereiding, hersiening, voltooiing en indiening van BTW opgawes vir ondernemers.

nakoming van transaksie belasting

Voorbereiding van die vereiste belastingdokumentasie om voldoening aan Suid-Afrikaanse belastingwetgewing op jou transaksies te verseker, insluitend om aansoek te doen vir alle belastingnakomingstatusbriewe en nie-inwoner verklarings.

Geregistreerde verteenwoordiger

Waar maatskappye nie intern die kapasiteit of vaardighede het om 'n senior persoon in hierdie rol aan te stel soos vereis deur wetgewing nie, kan ons ervare span as die geregistreerde verteenwoordiger/openbare beampte optree.

Verifikasies, oudits en hersiening

Bystand met en bestuur van belastingverifikasies, oudits en oorsigte wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uitgevoer word, insluitend korrespondensie met die SAID en voorbereiding van die vereiste voorleggings.

Transaksie Adviseur

Transaksie-adviseur

Afdelingshoof: ADV DE WET DE VILLIERS

Die bestuur en hantering van kompleksiteit is die sleutel tot sukses vir die perfekte transaksie. Rompslomp, vertragings en frustrasie is aan die orde van die dag wanneer die kliënt met verskeie diensverskaffers, adviseurs en spesialiste moet werk en kan selfs die beste moontlike transaksie laat platval as dit nie doeltreffend bestuur word nie. Dit is waar AJM se spesialis transaksie-adviseurspan inkom.  Ons dien as die hooftransaksie-adviseurs en projekbestuurders om gladde verloop deur die talle omsigtigheidsondersoek-, wetlike-, finansiële- en regulatoriese vereistes te verseker.

transaksie projekbestuur

Terwyl die meeste adviseurs net op sekere areas van 'n transaksie fokus, soos korporatiewe finansies of transaksiewaardasie, is AJM se voordeel die vermoë om kliënte te help om al hul strategiese doelwitte onder een dak te bestuur en te bereik. Gevolglik kan kliënte groter doeltreffendheid bereik en alle risiko's wat aan 'n korporatiewe transaksie gekoppel is, effektiewelik bestuur, terwyl hulle ook tyd bespaar en hul administratiewe laste verminder, wat na ons mening slegs met holistiese toesig kan plaasvind.

GRoep herorganisasie

Voorstel van belasting doeltreffende oplossings vir korporatiewe en bestaande familiestrukture, wat ook boedel- en opvolgbeplanning in ag neem.

valutabeheer

Opstel en indiening van valutabeheeraansoeke by die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Copyright © 2025 AJM Tax | Privacy Policy | PAIA Manual

AJM

AJM is a specialist tax consulting firm which offers a wide spectrum of local and international tax related services. Our areas of speciality include income tax, VAT, estate duty and tax administration. The increased complexity of the South African tax landscape has over time necessitated such a specialist approach, and against this background AJM provides its clients practical solutions to achieve their commercial goals.

Recent Articles

  • When do you have to register as a VAT vendor and levy VAT on your supplies? – Copy
  • VAT Compliance
  • Types of supplies for VAT purposes