AJM is ‘n firma van spesialis belastingpraktisyns wat ‘n wye spektrum plaaslike en internasionale belastingverwante dienste lewer. Ons spesialiteitsareas sluit inkomstebelasting, BTW, boedelbelasting en belastingadministrasie in. Ons help ook met voldoening aan belasting verwante nakomingsvereistes wat insluit belastingregistrasies, voorbereiding en indiening van jaarlikse en voorlopige belastingopgawes.
Die toenemende kompleksiteit van die Suid-Afrikaanse belastinglandskap het oor tyd die vereiste vir só ‘n spesialiteitsbenadering genoodsaak, en teen dié agtergrond bied AJM aan sy kliënte praktiese oplossings om hulle kommersiële doelwitte te bereik.
AJM beskik oor ‘n uitstekende rekord van die suksesvolle hantering van belastingdispute namens ons kliënte en hul prokureurs of ouditeure in die Belastingraad en Belastinghof.
As geregistreerde belastingpraktisyns met ‘n verskeidenheid akademiese en professionele kwalifikasies, is AJM die aangewese firma om menings uit te reik rakende die belastinggevolge van geïdentifiseerde transaksies.
Ons span se kundigheid sluit herstrukturerings in wat verseker dat bestaande kommersiële- en familiestrukture op ‘n verantwoordelike dog belastingeffektiewe wyse herstruktureer kan word.
Ons help ook met voldoening aan belastingverwante nakomingsvereistes wat insluit belastingregistrasies, voorbereiding en indiening van jaarlikse en voorlopige belastingopgawes.
Voorbereiding en indiening van besware en appèlle
Adviseer oor die belastinggevolge van geïdentifiseerde transaksies
Voorstel van belastingeffektiewe oplossings vir bestaande familie- of korporatiewe strukture
Help met belastingregistrasies, opdatering van geregistreerde besonderhede en verwante nakomingsvereistes.
Bring prosedurele aansoeke by die Belastinghof
Voorbereiding van gedetailleerde, regsgepriviligeerde belastingmenings
Voorbereiding van valutabeheeraansoeke aan die Reserwebank
Voorbereiding en indiening van jaarlikse, voorlopige en dividend belastingopgawes vir individue, trusts, maatskappye en beslote korporasies.
Betrokke in skikkings met die SAID
Identifisering van internasionale belastinggevolge vir oorgrens transaksies
Herstrukturering van familiebelange
Voorbereiding van die nodige belasting dokumentasie om te verseker dat Suid-Afrikaanse belastingreg op u transaksies nagekom word.